
Sop en sjerrie 2019
Die Sop en Sjerrie aand was weereens ‘n treffer! Baie dankie!

Breigroep koek en tee
Die dames van die breigroep het Donderdag heerlik saam koek geëet en gebrei.

Breigroep woeker vir die winter-skenkings
Die breigroep het gewoeker met hul skenkings: 39 truie, 41mussies, 37serpe, 22 skoolserpe en mussies…
En babaklere: 20 mussies, 9baadjies, 11 truitjies…
Baie dankie aan al die dames!

Weeklikse breigroep in volle stoom vir die winter
Die breigroep se weeklikse byeenkoms is in volle stoom aan die gang om wol-pantser-skenkings gereed te maak vir die aankomende koue maande.

Bateleur Natuur Reservaat, Waterberg. Stap naweek 17-19 Mei 2019.
Die Stapgroep het ‘n heerlike naweek (17-19 Mei) in die Bateleur Natuur Reservaat met dapper en stapper deurgebring.
Bateleur is in Nylstroom in Limpopo Waterberg-streek geleë. Die reservaat bied jou die geleentheid om op jou eie in die bos te lewe en te verken soos jy wil.
Daar is nog heelwat geleenthede oor vir die jaar en die Stapgroep nooi alle belangstellendes uit om aan te sluit.
Kom ons geniet die paar kiekies…

Seniors kuier weer Donderdag 13 Jun 2019
Donderdag 13 Jun 2019
Onthou die “Sop en Sherry” op Donderdag 13 Junie.
Dit is net die regte ding vir die koue wat ons so onverhoeds betrap het. Laat weet asseblief voor of op 10 Junie wie gaan kom en wie sal sop maak, broodjies en/of Sherry bring by Bettie Langkilde (012 664 3456 / 082 678 6752) of by die kerkkantoor.
Plek: Kerksaal Tyd: 11h00
Sop en Sjerrie 2019
Maak reg vir die gemeente se Winterkuier op Vrydag 26 Julie 2019 by die Dienssentrum: Sop en Sjerrie.
Wat kan jy verwag? Die allerlekkerste kuier rondom ‘n verskeidenheid van geurige sop, vars brood, tuisgemaakte konfyt, warm sjerrie en goeie, lewendige musiek.
Ons benodig: Persone wat hulle geurigste sop wil inskryf. Gasvroue wat vriende, familie en lidmate om hulle tafel wil verwelkom.
Koste: R45 vir volwassenes en R15 vir Laerskoolkinders
Stapgroep – Morelettaspruit Natuurreservaat
Verlede naweek het die Stappers heerlik gaan voetslaan in die.
Hulle is ryklik beloon met die pragtige natuurskoon.
Die volgende geleentheid is 17-19 Mei in die Bateleur reservaat, Waterberg.
Enige een welkom – maak gerus kontak met Mary Anne.


Nagmaal – Goeie Vrydag
Daar sal Vrydagoggend, 19 April om 09:00 ‘n Nagmaal erediens wees, waargeneem deur prof Jaco Beyers.
